Kopiereg©Laerskool Kruinsig

EEN MAAL ‘N KRUINIE…….ALTYD ‘N KRUINIE
LAERSKOOL KRUINSIG

GRAAD 2

DISSIPLINE:



Onderrig gaan nou gepaard met dissipline en selfdissipline is nog vir baie van ons kleintjies ‘n moeilike brug om oor te steek. Positiewe optrede werk baie beter as negatiewe optrede.

Lof werk beslis beter as kritiek.

Erkenning is van onskatbare waarde en moedig aan, en prys u kind. Positiewe opmerkings moet op portefeulje gemaak word.

KOMMUNIKASIE:

Kommunikasie met u kleinding is van uiterste belangrik. Gesels met u kind. Spandeer tyd met u kind.

Stel vrae. Luister aandagtig as u kleinding u iets vertel. Versterk u kind se selfbeeld deur positiewe opmerkings.

GESYFERDHEID

Getallekombinasies

  • Graad 1              Getal 0 – 9
  • Graad 2              GetaL 10 – 20


Die getalkombinasie vir die week word in die blokkiesboek gedoen of in die afgerolde huiswerkboekie. Laat u kleinding asb. eers die datum skryf voordat die kombinasies uitgeskryf word.   Alle nuwe begrippe word in die klas aangeleer en huiswerk is slegs herhaling van die klaswerk. Vrydae skryf ons toets oor die Getalkombinasie waarmee ons besig is. Die kombinasies word deurmekaar gevra en nie in volgorde nie.

GELETTERDHEID:

SPEL

  • Leerder het ‘n groot geel Spel en Wiskunde afgerolde boek.  Elke week word ‘n klank aangeleer van week 1 – 30.  Die woorde van die week word op ‘n Maandag aangeleer en betekenis word verduidelik. Mondelinge sinne word gemaak met die woorde.  Die huiswerk word in die dik lyntjiesboek gedoen.

LEES


  • Elke dag word ‘n nuwe leesles aangeleer.

Hoë frekwensie leeslys moet elke dag gelees word.  Leerders moet elke dag vir Mamma en Pappa lees uit die klasleesboek en later uit die aanvullende leesboek.

  • Aanvullende leesboeke word die eerste week in Februarie uitgedeel. Elke Vrydag word die aanvullende lees vir die week gekontroleer. Slegs 2 boeke per week moet gelees word.  Die aanvullende boeke moet in die oranje boekie ingeskryf word. Na 5 boeke gelees is kry u kleinding ‘n positiewe inskrywing. As u as ouer nie die aanvullende leesboeke inskryf en daarby teken nie, sal die leesboekie nie omgeruil word vir ‘n ander een nie. Vul die oranje boekie op die regte manier in. Slegs die boeke wat klaar gelees is word ingeskryf. Nie bladsy vir bladsy nie.
  • Lees saam met u kind die koerant of mediasentrumboeke. Lees bly die heel belangrikste

SKRIFBOEK:  


Skrif word op ‘n Donderdag gegee. Die hele bladsy skrif moet gedoen word.

Baie sterkte in besonder met die Eerste Kwartaal. Onthou ons as Juffrouens is altyd beskikbaar as u iets wil weet of wil vra.

ONDERWYSERS

Sunette Barnard  Gr. 2 S(Graadleier)

Louise van Zyl Gr.2 Z

Chane de Koker  Gr. 2

Anneke Ferreire Gr. 2 A

Ann-Marie du Preez Gr. 2



ALGEMENE INLIGTING GRAAD 2


REDENAARS & KDA


Baie welkom aan al ons Graad 2 Kruinie-ouers. Aan alle nuwe ouers, ons hoop dat u vinnig deel van die Kruinies sal word. Mag ons reis deur die jaar vol vreugde en baie geluk wees.

Ons werk as onderwyseresse baie nou saam en elke graad 2’tjie is ons kinders. In graad 2 is ons ‘n familie: Juffrou Elmarien, Sunette, Louise, Silvia en Juffrou Ann-Marie.

KLASKAMERPROSEDURE: